Babalyke in woonhuis gevind

Frankryk -.  Vyf lyke van babas is by Bordeaux, in die suide van Frankryk, in ’n woonhuis gevind deur polisie nadat hulle inligting ontvang het van een baba se lyk.

’n Man wat die polisie verwittig het van die een baba is vermoedelik die pa van die baba wat hy glo in ’n warmwatersak gevind het.

Polisie het daarna met ’n intensiewe soektog begin en nog vier lyke van babas in ’n vrieskas by die woonhuis gevind.

’n Vrou (35) het skynbaar sonder hulp die lewe geskenk aan die eerste baba, en haar lewensmaat was glo nie bewus daarvan dat sy verwagtend was nie.

Die polisie het daarna reëlings getref dat die vrou opgeneem word in ’n naby geleë hospitaal waar sy behandeling ontvang vir haar fisieke en geestelike toestand.

Verskeie toetse word nou gedoen om vas te stel wat die oorsaak van die babas se dood was, en of die twee volwassenes op een of ander wyse verwant is aan mekaar.

Foto – Paleis in Bordeaux