Vir die dames – Iets oor wortels

Psssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van: wortels?

 

Wortels word baie algemeen ingeneem en is vandag in verskillende kleure beskikbaar soos wit, geel, rooi, oranje en pers. 

Sedert 400 jaar gelede was die pers kleurige wortel die meeste gebruik. 

Vandag is oranje wortels die bekendste. 

Wortels is ‘n goeie bron van Vitamien A, vesel asook karotene.  Hulle kan rou of gekook ingeneem word – die kook proses vernietig nie die voedingswaarde van wortels nie.

Navorsing wys daarop dat wortels verskeie moontlike gesondsheidsvoordele kan inhou.  Dit het die potensiaal om die gesondheid van jou oë te ondersteun en dit tree ook op as ‘n anti-oksidant. 

Indien te veel wortels ingeneem word, kan dit lei tot die tydelike geel verkeluring van die vel wat die gevolg is van die verhoogde inname van beta-karoteen.  Sodra die liggaam die beta-karoteen verwerk, verdwyn die geel kleur.