Vir die Dames – Iets oor lusern

Pssssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van: Lusern?

 

Het jy gedink dis net diere wat kan baat vind by lusern? Die Arabiere het jare gelede lusern vir hulle perde gevoer, en agter gekom hulle diere se spoed en stamina verbeter. Hierdie krui is oor die eeue gebruik as ‘n uitstekende lewerreiniger en bloedreiniger. Dit behandel ook maagsere, arthritis en vogretensie.

Lusern is bekend daarvoor dat dit cholesterol in die bloed verminder en help om geakkumuleerde uriensuur in die aarwande op te los (verkalkte are). Dis ook ‘n effektiewe asem verfrisser.

Laat trek 2teelepels lusern in koppie kookwater vir 15minute. Drink jou ou lusern-teetjie 2-3x per dag en kyk wat doen dit vir jou!

Moet egter nie die saadjies gebruik vir jou tee nie- dis baie giftig! En die swanger feëtjies moet die tee liefs ook vermy.