Navorsing gedoen oor bergskilpad

Die Stigmochelys pardalis, oftewel die bergskilpad is ’n duidelik herkenbare spesie in die geledere van die dier wat sy huis op sy rug dra.

Die groot skilpad kom voor oor die meer droeer gebiede van Afrika, maar is in Suid-Afrika feitlik oral te vind.

Hulle hou van semi-droe gebiede waar doringagtige plantegroei voorkom, maar word ook in ander gebiede aangetref.

Navorsing wat gedurende die afgelope aantal jare gedoen is, dui daarop dat bergskilpaaie tussen 75 en 105 jaar oud word.

Hulle trotseer die bloedige hitte van die Karoo en skrik nie vir die koue van die Oos-Kaap nie, vreet graag verskillende soorte gras en is lief vir vetplante.

Die bergskilpad het nie juis vyande nie, want jakkalse sukkel om ’n volwasse skilpad om te keer, en roofvoëls kan nie die swaar skilpad die lug inneem om hom te laat val soos wat met kleiner skilpaaie soms gebeur nie.

Die Bergskilpad is redelik gebiedsgebonde, maar sal tot drie kilometer per dag aflê opsoek na kos.

Die skilpad se grootste vyand is veldbrande, maar slaag soms daarin om dit te ontglip deur in ou erdvarkgate te skuil, ook teen die somerson.