Waatlemoenslaai met soet kruie-vinaigrette

Ons braai mos nou almal so lekker vleis gedurende hierdie tyd van die jaar. Hier volg ‘n heerlike verfrissende waatlemoenslaai, wat sommer goed saam met u braaivleis op oujaarsdagaand of nuwejaarsdag sal smaak.

 

Waatlemoenslaai met soet kruie-vinaigrette

 

Bestanddele:

‘n Halwe waatlemoen, ontpit en in blokkies gesny

2 wiele fetakaas, grof gekrummel 

Meng hierdie bestanddele en hou in yskas. 

Heuning en kruievinaigrette:

 

*  125 ml olyfolie

*  45 ml appelasyn (of balsamiese asyn)

*  30 ml heuning

* 15 ml fyngekapte vars kruisement

* 15 ml fyngekapte vars basieliekruid of koljanderblare

 

Meng alles vir die vinaigrette en verkoel.

Net voor opdiening, sprinkel die koue vinaigrette oor die koue waatlemoenblokkies en meng deur. 

Wenk:  U kan ook rooi uie snipper en in die vinaigrette marineer en saam deur roer voor opdiening of u kan ook swart ontpitte olywe byvoeg . 

Geniet u braai met slaai