Vrou betrap met miljoene Rand se tik

’n Vrou is in die Wes-Kaap betrap met die dwelmmiddel bekend as Tik, ter waarde van sowat R7,7 miljoen en verskyn Woensdag in die hof.

Sy is vasgevat toe sy die 42 kg pak dwelms wou afhaal by Time Freight se depot.

Die polisie se eenheid vir dwelm aangeleenthede het gereageer op ’n dringende wenk, en die vrou vasgetrek toe sy die pak dwelms in ontvangs wou neem.

Die polisie kon glo nie die nasionaliteit van die vrou bepaal, en weet ook nie waarvandaan die pakkie gestuur is nie.

Kort tevore is ’n swart vrou van Soweto betrap met 2 kg Tik in haar besit, en is naby Laingsburg vasgetrek. Sy het geryloop Kaap toe met haar pakkie dwelms ter waarde van R1 miljoen.

In Maitland is ’n man vasgevat nadat dwelms ter waarde van R5 miljoen by hom gevind is, en mandrax is by ’n ander groep gevind tydens ’n klopjag.

Dit is maar enkele gevalle van meer as 20 wat in die afgelope maand betrap is met dwelms in hulle besit.

Waarnemers sê dit toon hoe enorm baie dwelms die land binnekom, en dat dit duidelik is die owerheid is nie opgewasse om die euwel hok te slaan nie.