Stukkende pyp besoedel Durbanse woonbuurt

’n Stukkende pypleiding wat sowat 220,000 liter gevaarlike brandstof in ’n landgoed by Hillcrest ten noorde van Durban besoedel, kan daartoe lei dat ’n nabygeleë woonbuurt waarskynlik op Kersdag ontruim moes word.

Die pypleiding voer diesel af vanaf Durban na Johannesburg, en het glo naby die Greenvale Estates gebars, en herstelwerk is nog nie begin nie.

Die diesel wat onder hoë druk afgevoer word, het weens die gebarste pyp talle woonhuise in die nabyheid oorstroom en plek-plek tot kniehoogte deur die huise gespoel.

Die diesel spuit sowat 10 meter hoog die lug in, en is die verantwoordelikheid van Transnet om die pypleiding in stand te hou.

Hulle ontken nou dat daar nie behoorlike instandhouding gedoen is nie.

Na verneem word sal miljoene Rand se eise volg nadat die finale skade deur verskeie mense bepaal is op hulle eiendom.

Diesel, wat ’n sterk oliebasis bevat, se besoedeling is so ernstig dat die rehabilitasie van so ’n gebied nie werklik moontlik is nie.

“Hierdie is ’n ou pyp­leiding, en ons wil weet waarom die staat ontwikkelaars toegelaat het om bo oor die pypleiding te bou, want dit is grondliggend onwettig,” het een kenner gesê.

’n Inwoner het reeds in 2013 sy kommer oor die veiligheid van die pypleiding uitgespreek, maar die ontwikkelaars het hulle blykbaar nie daaraan gesteur nie.

Om die terrein te herstel, gaan baie miljoene Rand beloop, en die skade daarvan kan nie nou bepaal word nie, was ’n opmerking van een inwoner van die gebied.

Die herstel program gaan blykbaar ses maande duur, maar die herstelwerk aan die pyp behoort binne drie dae afgehandel te wees.