Sneeu neerslae bring chaos en vreugde

Terwyl vakansiegangers in Europa dankbaar is vir die swaar sneeu neerslae van die afgelope paar dae, het sowat 15,000 begin ski in die Franse Alpe nadat hulle behoorlik vasgekeer is.

Intussen is talle berigte ontvang van chaos wat op paaie veroorsaak is deur die swaar sneeu neerslae in die gebied.

Die erge stormweer het talle kragonderbrekings in veral Duitsland en Frankryk veroorsaak, en vertragings is ondervind by lughawens as gevolg van die swaar sneeu op aanloopbane.

Paaie is toe onder ’n dik sneeukombers, en op sommige plekke het die temperatuur drasties gedaal.

Vakansiegangers wat hulle tyd verwyl deur te gaan ski, sê hulle verwelkom die sneeu wat die winter amptelik laat begin het.

Na verneem word, het swaar sneeu die donker Swartwoud in Duitsland omskep in ’n sprokies-woud wat duisende mense daarheen lok om die skouspel te bewonder.