Schumacher herstel stadig

’n Lang pad van stryd om te herstel wag op Michael Schumacher wat sowat ’n jaar gelede ernstig beseer is tydens ’n ski-ongeluk in die Alpe.

Die voormalige Formule Een renjaer herstel nie so vinnig as wat een koerant in Frankryk te kenne wou gee nie.

Volgens berigte wat ontvang is, het ’n woordvoerder op navraag gesê Schumacher se herstel is baie stadig, en daar is nog ’n lang pad vir hom voor.

Dit is nog nie moontlik om te sê hoeveel tyd nodig is voor hy weer ’n normale lewe sal voer nie aangesien die beserings wat hy opgedoen het van ’n besonder ernstige aard is.