Russe verruil vodka vir koffie

Die Russe is bekend daarvoor dat hulle Vodka as hulle mees geliefde drankie geniet, maar naas die duur drankie, is hulle ook ’n nasie wat lief is vir tee.

In ’n onlangse opname is bevind dat al hoe meer Russe deesdae koffie drink in plaas van Vodka of tee.

Russe was nog nooit lief vir koffie nie, maar deesdae is dit mode om in Rusland, koffie te drink.

Na raming het die handel in koffie na Rusland drasties toegeneem, en berekenings dui daarop dat die vraag na koffie so gestyg het dat dit nou ’n markwaarde van meer as R2,8 miljard beloop. In Moskou alleen word dit op bykans R2 miljard beraam.

Terwyl die vraag na koffie wêreldwyd op sowat 4% sal styg, word beraam dat dit in Rusland met byna 20% sal styg.

Koeffie kroeë spring soos paddastoele op, en daar is van die kroeë wat nou selfs hulle eie koffiebone rooster en verder verwerk.

Die algemene koffie, bekend as arabica, se prys het die afgelope jaar met meer as 50% gestyg, en die verwagting is dat die prys nog verder die hoogte gaan inskiet in 2015.