Rebelleleier deur spes-magte gedood

Abdelmalek Gouri, alias Khalid Abu Suleiman, ’n rebelleleier wat verantwoordelik is vir die onthoofding van ’n Franse toeris, Hervé Gourde, is deur Algerië se spesiale magte doodgeskiet.

Hy is blykbaar deur die spesiale magte in ’n hinderlaag naby Boumerdes, oos van Algiers, gedood.

Gouri was ’n veteraan van Algerië se Islamitiese konflik in die vorige eeu en was bekend vir sy wrede optrede as die leier van die Kalifaat Soldate, en het ondersteuning gegee aan die Islamitiese Staat (IS).

Gouri was ’n voormalige streek­leier van Al-Kaïda in Maghreb, en sy dood word as ’n harde slag vir terreurgroepe in Algerië beskou.

Foto – Abdelmalek Gouri