Plaasaanval in Amersfoort gefnuik.

Ses gewapende terroriste het hulle rieme Sondagmiddag styf geloop, toe hulle die plaas, Rolfontein, by Amersfoort in Oos-Transvaal wou aanval.

Die gewapende terroriste het ongeveer 5:30 die middag gepoog om die eienaars aan te val, maar hulle planne is in die wiel gery deur parate boere van die omgewing wat opgedaag het.

Volgens inligting het die gewapende terroriste die boer, sy vrou, tienerdogter en haar vriend by hulle huis om 5:30 ingewag, maar hulle planne is in die wiele gery deur boere van die omgewing wat opgedaag het. In die oor-en-weer geskietery tussen die terroriste en die boere, is een terroris gedood en een gewond.

Een van die vrouens het ‘n ligte wond onder die oog opgedoen, maar is op die toneel daarvoor behandel. Twee selfone, kontant en vuurwapen is deur die terroriste gebuit.

Kaptein Braam Robberts van die Amersfoort Polisie het bevestig dat een terroris gearresteer is en ‘n ander gedood is. Vier van die terroriste het ontvlug.

Die name van die gesin is vir veiligheidsredes nie bekend gemaak nie.