Nuusflitse – 31 Desember

Twee eerlike pa’s van die Oos-Kaap het die naweek hul seuns aan die kraag gegryp en terug gesleep tronk toe nadat hulle Kersoggend uit hul tronksel in Fort Beaufort ontsnap het. Hulle het saam met 15 ander ontsnap.

 

’n Lid van die polisie se forensiese afdeling in Pretoria is op kringtelevisie betrap toe hy geld uit ’n kontantlaai op ’n misdaadtoneel gesteel het terwyl hy vingerafdrukke gesoek het. Die beeldmateriaal is  in die kantoor van die Fruit Stop-winkel in Wonderboom opgeneem.

 

Pretorianers is ontevrede omdat die owerheid met sagte hande optree teenoor ongemagtigde persone wat met vuurwerke die rus verstoor. En hulle eis dat die stadsowerheid strenger sal optree.