Nuusflitse – 29 Desember

Maleisië loop tans deur onder die ergste moesonreën in dekades, en sowat 110,000 inwoners van verskillende gebiede in die noorde van die land moes veskuif word na ander plekke.

 

Ongeveer 30 mense het gesterf toe ’n oorlaaide boot in die Kongorivier ’n rots getref en gesink het. Die ongeluk het daartoe gelei dat woedende betogers amok gemaak en openbare geboue aan die brand gesteek het.

 

Die seuntjie wat etlike maande gelede deur ’n Mosambiekse kobra gepik is, se toestand het sodanig verbeter dat hy uit die hospitaal se intensiewe eenheid na ’n gewone saal oorgeplaas is, maar sal nog geruime tyd in die hospitaal gehou word.

 

Reën het die afgelope naweek in Sentraal Transvaal uitgesak en kitsvloede het laagliggende dele van Johannesburg en Pretoria oorstroom. Tot sowat 120 mm reën is op plekke in die gebied gemeet wat gedurende die naweek geval het, Dit is blykbaar die hoogste reënval vir Desember in ’n dekade vir die streek.