Nuusflitse – 27 Desember

Minstens 60 joernaliste het vanjaar gesterf in die uitvoering van hul pligte en sowat 44% van hulle is vermoor – in 2013 het 70 gesterf. Die afgelope drie jaar was die dodelikste vir joernaliste sedert die organisasie in 1992 statistieke begin versamel het.

 

‘n Man van Johannesburg word aan die Kwazulu-Natalse kus vermis nadat hy Donderdag by Merebank in Durban glo deur ‘n sleurstroom meegsleur is. Hy het glo teen die stroom gebeur, maar het sy lyfplank verloor en onder die water verdwyn voordat reddingsdienste opgedaag het.

 

Vyf gesinslede – twee volwassenes en drie kinders is op Kersdag dood toe hul motor op die N1 in Kaapstad in ‘n lamppaal naby die Canal Walk-winkelsentrum vasgery het.