Nuus uit wetenskap klas

Na verwagting sal Nasa se ruimtetuig Dawn, wat in 2007 lanseer is, terugkeer as die grootste voorwerp in die sogenaamde asteroïed-gordel en word beskryf as ’n dwergie planeet.

Space Expedition Corporation se Lynx Mark II tuig en die minder bekende Maseko van Suid-Afrika ry saam op koers die ruimte in, elkeen met ’n eie missie.

Die Rosetta-sending se jongste inligting dui daarop dat ’n komeet ál nader aan die son kom, wat die belofte inhou dat daar baie interessante gegewens gaan opduik.

Dit is ruimte-nuus

Terug op moederaarde is die Groot hadron-versneller (GHV) van die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (Cern) onlangs weer geaktiveer en aangeskakel na dit lank afgeskakel was vir noodsaaklike herstelwerk en opgradering.

Studies wat onlangs gedoen is, toon dat ’n nuwe manier gevind is om die liggaam se eie immuniteit-stelsel te gebruik om kanker te beveg. Die opspraakwekkende ontdekking is in die gesaghebbende tydskrif, Science, uiteengesit en is tientalle nuwe kliniese studies moontlik om verskillende middels te vervaardig vir die verskillende gevalle.

Die wetenskap is egter nog nie naby ’n finale oplossing om die Ebola-virus vas te vat nie, en die toename in gevalle in die Wes-Afrika streek gaan onverpoos voort te midde van die VN se pogings om met behulp van talle lande, dit te probeer stuit. Tans is daar reeds byna 8,000 sterftes aangeteken en meer as 20,000 nuwe gevalle van besmetting is bekend.

Waarnemers meen die nuwe gevalle kan veel hoër wees aangesien die monitering in afgeleë gebiede uiters moeilik is.

Wetenskaplikes en dokters poog om ’n toestand te skep waar daar vir 42 dae geen nuwe gevalle van besmetting is nie, want as die teiken bereik kan word, sou dit die draaipunt na ’n oorwinning beteken.

Die toestand is nog nie naastenby bereik nie.