Nog drie sterf in terreur aanvalle

Vincent Enslin (32) is meer as ’n week gelede in koele bloede in sy bed in Pennington in Natal vermoor. 

Enslin, sy oom Hendrik Heyns en ‘n vriendin is drie uur die oggend deur drie terroriste in hulle woonstel oorval.

Enslin, wat vir Middelburg in die Oos-Transvaal, rugby gespeel het, het doodgebloei nadat ‘n hoofslagaar in die aanval afgesny is.

Die terroriste het alles wat gesteel kon word in ‘n voertuig gelaai wat later verlate ‘n entjie verder opgespoor is.

In ’n ander voorval is mnr. G. S. Potgieter (70) van Schoemansdal die oggend van Oukersdag geskiet deur aanvallers toe hy uit sy huis gegaan het om die honde kos te gee.

’n Paar uur later is mnr. Mike O’Reilly (66) geskiet. Hy woon etlike kilometer van waar Potgieter gebly het. Noodbehandeling is toegepas en daarna inderhaas na die hospitaal in Brits geneem waar hy goeie behandeling te wagte kon wees met die goeie toerusting waaroor die hospitaal beskik.

Hospitaal personeel het glo net ’n drup aangesit en geen behandeling op sy skietwond gegee nie, en het later beswyk.