Moyane ook kwistig

Net soos die kwistige aanwending van belastingbetalers se geld deur regeringslui op voertuie spandeer word, so het die nuwe hoof van die SA Inkomstediens (SAID), Tom Moyane, ook begin navolg.

Hy ry deesdae met ’n ultra-luukse Audi Q5 ter waarde van sowat R600,000 omdat hy dikwels “op moeilike grondpaaie moet ry vir sy ondersoek werk”.

Na verneem word, is hy onlangs aangebied om ’n Audi A4 te kry wat sowat R204,000 goedkoper is, maar hy het dit van die hand gewys en gesê hy het nie so ’n spoggerige motor nodig nie.

Kort daarna is die luukse Audi van R600,000 aan hom afgelewer.

Dit is in skrille kontras met die vorige hoof van die SAID, Pravin Gordhan, wat met sy privaat motor die enkele ritte wat hy moes doen, afgelê het.

Toe sy opvolger, Oupa Magashula in 2009 by Gordhan oorneem, het die luuksheid begin deur duur voertuie aan te skaf.

Tydens sy ampstermyn by Korrektiewe Dienste het hy ook met ’n duur BMW van sowat R590,000 rond gerits.