Miljarde Rand vir HIV-lyers

Sowat R10 miljard se tenders is toegeken aan ’n aantal maatskappye om antiretrovirale middels (ARV’s) aan HIV-pasiënte in die land te voorsien.

Die tender wat oor ’n tydperk van bykans 3 jaar strek, sal in werking tree gedurende 2015 en 4 maatskappye het elk ’n toekenning ontvang.

Sonke Pharmaceuticals het ’n toekenning van R3 miljard, Mylan Pharmaceuticals kry R2,8 miljard, Aspen Pharma ontvang R2,5 miljard en Cipla Medpro: R2 miljard.

Na raming is daar sowat 3 miljoen pasiënte in die land waarvan 1,5 miljoen gereeld behandel word. Die Departement van Gesondheid poog om die getal mense wat behandel word te verhoog na bykans 5 miljoen mense.

Ontleders is van mening dat meer as 10 miljoen mense in die land HIV positief kan wees, wat die behandeling van pasiënte finansieel onbekostigbaar maak.

Navorsing dui daarop dat meer as 250,000 mense gedurende 2013 dood is weens MIV/vigs besmetting.