Kankerlyer veg teen terroris

Toe ’n terroris onverwags op mnr. Kevin Martin (63) toesak en hom met ’n skêr in die maag steek, was hy verplig om terug te veg en die skurk in eie munt terug te betaal.

Uiteindelik het hy daarin geslaag om die terroris met ’n mes by te dam tot die sboef verplig was om op die vlug te slaan.

Mnr. Martin is ’n kankerlyer waarvan die lewenskrag ook al afgeneem het, maar hy het op “waardige” wyse homself verdedig teen die skurk.

Uiteindelik het die terroris tou opgegooi sonder om ’n speld te kon steel, en het met ’n paar steekwonde in sy lyf op die vlug geslaan.

Hy sê dit is die negende inbraak in sy huis wat geleë is in Rietfontein, Pretoria, en sy vermoede is dat diewe en skurke die huis geteiken het omdat hy alleen daarin woon wat die indruk kan skep dat daar nie mense tuis is nie.

Martin het behandeling vir die talle wonde ontvang waarna hy uit die hospitaal ontslaan is. Hy moet nou vir ’n tydlank antiretrovirale middels gebruik omdat hy besoedel was met bloed van sy aanvaller.