Jongste korrupsie verslag vrygestel

Die internasionale organisasie, Transparency International, se nuutste verslag openbaar insiggewende inligting oor die meeste en minste korrupte lande in die wêreld.

Uit 175 land staan Suid-Afrika 67-ste met 44 punte wat 2 punte versleg het teenoor verlede jaar se 42 punte.

Die BRICS-lande het oor die algemeen ‘n swak profiel vir korrupsie en staan soos volg in terme van die wêreldposisie (punte tussen hakkies dui onderskeidelik 2014 en 2013 aan waar nul punte geen korrupsie beteken): Brasilië 69-ste posisie (43-punte, vorige jaar 42), Rusland 136 ( 27,28,), Indië 85 (38,36), China 100 (36,40), S.A. 67 (44,42).

Die mees korrupte lande het hoofsaaklik in Asië, Afrika en Suid-Amerika voorgekom met die twee mees korrupte lande Noord Korea en Somalië.

Die lande wat die minste korrup was, is Denemarke in die eerste plek, New Zeeland (2), Finland (3), Swede (4) en Noorweë (5). Onder die twintig minste korrupte lande is onder andere Nederland (8), Australië (9), Kanada (10), Duitsland en Ysland (12), Engeland (14), Japan (15), VSA en Ierland (17).