Hoof van Valke geskors

Die nuwe neiging van die hoër lui om hulle gesag en mag te demonstreer word  met skorsings van “onderdane” gedemonstreer aan “alle ander onderdane”.

Dit is die mening van ’n onafhanklike politieke ontleder na aanleiding van die jongste skorsing – dié van die hoof van Valke-eenheid deur die minister.

Nathi Nhleko, die Minister van Polisie, het lt.genl. Anwa Dramat, verlede week geskors, maar die skorsing word glo as ’n onwettige handeling beskou.

Die aangeleentheid sal waarskynlik in die arbeidshof beslis word.

Intussen het die vêr-linkse Helen Suzman-stigting (HSS) te kenne gegee dat hulle ’n regsmening gaan aanvra oor die skorsing.

Die HSS het in 2013 daarin geslaag om ’n hofbeslissing te kry wat die Minister van Polisie verbied om die hoof van die Valke-eenheid te verwyder uit sy pos. Dit laat nuwe vrae ontstaan oor die jongste optrede van die minister teen die hoof van Valke.

Dramat is blykbaar vir 60 dae geskors en dit hang saam met sy beweerde betrokkenheid by die uitlewering van burgers van Zimbabwe in 2010.

Kenners meen die moontlikheid is nie uitgesluit dat aanhangers van die president die pos moet beklee ten einde seker te maak dat vervolgings teen hom geëlimineer kan word.

Die minister het die omstrede genl.maj. Benny Ntlemeza, van Noord-Transvaal aangestel as waarnemende hoof van die Valke-eenheid.

Foto – lt.genl. Anwa Dramat