Honderde sterf in Feestyd

Tot 28 Desember het 1,1,45 mense gesterf waarvan 924 in padongelukke omgekom het, wat aansienlik minder is as verlede jaar ooreenstemmende tyd.

Die vermindering in padongelukke word toegeskryf aan die groot aantal mense wat vanjaar met Jan-tuisbly se karretjie gery het.

Die meeste ongelukke het in Natal voorgekom weens die hoër verkeer na die provinsie se strande. Op die gestelde datum was daar reeds 249 sterftes wat in 211 padongelukke voorgekom het.

Sentraal Transvaal is tweede met 174 sterftes.

Die afname met 50 sterftes word toegeskryf aan die vermindering in vakansiegangers teenoor verlede jaar se getalle.

Ekonomiese toestande het, te midde van ’n skerp daling in die brandstofprys, honderde mense laat tuis bly, en talle het selfs hulle vakansie gekanselleer en aangehou werk in die hoop dat die ekonomie mettertyd sal verbeter.