Hidro-Krag in Noord-Kaap?

Dit is haas ondenkbaar dat ses hidroëlektriese aanlegte eersdaags inwerking gaan kom in die droë Noord-Kaap.

Die eerstes van die ses projekte sal blykbaar vroeg in 2015 in werking gestel word, waavan die heel eerste blykbaar die Neusberg-projek naby Kakamas is.

Die oprigting word gedoen deur Hydro SA, en sal waarskynlik aan die einde van Januarie begin met lewering van sowat 10 MW krag.

Dit is die eerste van ’n aantal projekte wat in die Oranjerivier opgerig word om ’n totaal van sowat 100 MW hidro-elektrisiteit te lewer.

Hydro SA is betrokke by vier van die ses projekte.

Nog ’n skema van 11 MW word ook by die Boegoebergdam naby Groblershoop beplan en sal glo eers in 2017 in werking wees.

Foto – Boegoebergdam