Heli doen noodlanding op N12

’n Privaat helikopter se vlieënier moes Dinsdag ’n noodlanding uitvoer op die N12 snelweg, te midde van ’n paar aankomende motors wat inderhaas remme moes aanslaan om ’n ongeluk met die tuig te vermy.

Die noodlanding het by Benoni plaasgevind vlak by die Snake Road afrit wat na Brakpan lei.

Die ligte heleikopter het begin tol, en die vlieënier was verplig om op die kant van die snelweg ’n noodlanding uit te voer.

Die vlieënier het net ligte beserings opgedoen, en geen aankomende verkeer was betrokke by noodlanding nie.

Ondersoek sal gedoen word om vas te stel wat die tuig laat tol het.

Motoriste was slegs vir ’n paar minute verhinder om hulle reis voort te sit.