Gesin van tien ontglip die dood

’n Familie van tien lede, waarby vier kinders, oupa’s en ouma’s ingesluit is, het die dood ter nouernood vrygespring toe hulle vlug na Singapoer met SMS boodskappe gekanselleer is.

Die Airbus vliegtuig van AirAsia wat onverwags vermis geraak het, was ook die vliegtuig waarmee die tien lede van ’n familie sou reis na hulle bestemming in Singapoer waar hulle wou vakansie deurbring.

Hulle was uiters verbaas om SMS boodskappe te kry dat hulle reis na Singapoer gekanselleer is “omdat hulle te laat opgedaag het vir die vlug”.

Kort daarna is berigte ontvang dat die vliegtuig onderweg na Singapoer vermis geraak het.

Die familie reis glo twee keer per jaar na Singapoer, en maak deurlopend van AirAsia se dienste gebruik.