Gesin loop deur in plaasaanval

By Hazyview in die Oos-Transvaal het ’n gesin wat by hulle bejaarde pa op die plaas vakansie gehou het, deurgeloop toe vyf swartmense hulle oorval en beroof het nadat die gesin eers gemartel en verniel is.

Die gesin was besig om vleis te braai toe die voorval plaasgevind het.

Mnr. Bernard Bekker (36), sy vrou Monique (34) en hulle jaaroud seuntjie het saam met hul gestremde pa gekuier en is Saterdag ernstig aangerand en toe besteel van kosbare goedere.

Mnr. Johan Lange is ’n gestremde wat in ’n rolstoel is, maar die wreedaards het hom nie ontsien nie. Hy is uit die rolstoel geboender, en almal is deur die skurke met pistole aangehou, waarna hulle Johan gedwing het om die kluis oop te sluit.

Hulle het die gesinslede geskop, geslaan en beledig terwyl hulle besig was om die huis deur te gaan op soek na verskeie duursame artikels.

Uiteindelik na verloop van meer as ’n uur se marteling het hulle die kluis oopgekry en met al die jaggewere, ammunisie, kontant, bankkaarte, skootrekenaars en selfone gevlug in Bernard se Nissan bakkie.

Monique kon haar loswoel en het die polisie asook die veiligheidsmaatskappy gekontak, maar toe was die skurke reeds weg.

Sondag is die bakkie verlate langs die pad gevind, sowat 30 km weg van die plaas.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.