Geen grond meer vir dooies

Groot munisipaliteite het nie meer grond oor om dooies te begrawe nie, sê Karen Reyneke, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse vereniging van plaaslike regerings (Salga). 

Sy sê die ou begraafplase is reeds vol en nuwe grond vir begraafplase is skaars. Boonop word die probleem vererger deur MIV/vigs, verstedeliking en kulturele en geloofs-teenkanting teen verassing. 

Die munisipaliteite van Pretoria en Kaapstad het slegs vir die volgende tien jaar nog plek en daarom beveel hulle aan dat familielede bo-op mekaar begrawe word. 

In Johannesburg is daar nie ’n tekort aan grond nie want die metroraad het reeds voorbereiding vir kommervrye begrafnisse vir die volgende 48 jaar getref.

Een van die groot knelpunte is die onwilligheid van munisipaliteite om begraafplase behoorlik in stand te hou en kenners meen die toestand sal nog verder versleg in die toekoms.