Doodstraf verhoed uitlewerings

Regter Eberhard Bertelsmann het in ‘n onlangse uitspraak in die hooggeregshof van Pretoria gesê dat in minstens drie gevalle het die Departement van Binnelandse Sake mense gedeporteer na lande waar hulle moontlik die doodstraf kon kry.

Die geval wat voor die hof gedien het, het gehandel oor die saak van Edwin Samotse wat in Botswana van moord op sy meisie aangekla is. Samotse het na Suid-Afrika gevlug waar hy as onwettige immigrant gevang is. 

Hoewel die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste opdrag gegee het dat Samotse nie aan Botswana uitgelewer mag word nie, want hulle het geen onderneming gegee dat hy nie doodstraf vir sy misdaad daar sal ontvang nie, is hy nietemin op13 Augustus aan Botswana uitgelewer. 

Regslui vir Menseregte (LHR) het in September ‘n hofbevel aangevra om die departement te forseer om verslag te doen oor die gebeure. 

Die verslag, opgestel deur Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van Binnelandse Sake het die verslag op die 31ste Oktober ingedien, 16 dae later as ooreengekom. 

In sy verslag het Apleni gemeld dat tugstappe teen drie amptenare in Pietersburg ingestel is.

‘n Verdere twee amptenare is intussen ook geskors. 

Die regter het gesê dat hy tevrede is met Apleni se verslag en dat die departement in die toekoms sal keer dat iemand nie weer uitgelewer sal word, tensy daardie land die versekering gee dat die doodstraf nie opgelê sal word nie.