Bush in hospitaal opgeneem

Die voormalige president van Amerika, die 90-jarige oudpres. George Bush (Sr), is in ‘n hospitaal in Houston, Texas opgeneem nadat hy ernstige asemhalingsprobleme ondervind het.

Hy is volgens ’n woordvoerder van die hospitaal, Dinsdag inderhaas na die hospitaal geneem waar hy behandeling ontvang.

Volgens die woordvoerder van die hospitaal, Jim McGrath, sal die 90-jarige Bush in die hospitaal bly tot daar sekerheid is dat hy herstel het.

Hy was in Januarie 2013 ook in die hospitaal weens ’n bronchitis aanval sowel as ander geringe probleme.

Bush het etlike jare gelede probleme ondervind met sy bene, en beweeg deesdae in ’n rolstoel.