Bejaarde in haar huis vermoor

Baie vrae word gevra nadat die polisie die lyk van mev. Dora Gerber (78) in haar huis in Port Elizabeth gevind het. 

Volgens vriende van Gerber het sy alleen in haar huis in Peri Park gebly. 

Gerber se kleindogter het die polisie gevra om na haar ouma se huis te gaan omdat sy haar twee weke laas gesien het. 

Volgens die polisie se adjudant-offisier, Alwin Labans, moes hulle die deur afbreek om in te kom. Gerber het dood op die vloer gelê met ‘n steekwond aan die kop. 

Daar was geen teken van inbraak nie, en die polisie het ‘n moorddossier geopen.