Zuma vlug vir parlementsittings

Die ANC-bewind se president Jacob Zuma skitter steeds in sy afwesigheid in die parlement aangesien hy weier in vir ‘n vrae-sessie in die Nasionale Vergadering op te daag.

Die verskoning waarmee hy by herhaling vorendag gekom het, is dat die parlement ‘n te vyandige omgewing vir hom is. Adjunk-president Cyril Ramaphosa het namens Zuma hierdie verskoning opgedis.

Die opposisie dring egter daarop aan die Zuma hou by die instelling om vier keer per jaar vrae in die parlement te beantwoord en eis dat ‘n definitiewe datum verskaf moet word wanneer hy beoog om sy verskyning te maak.

Nadat ‘n hele diplomatieke pleidooi deur Ramaphosa gelewer is, het die parlementêre leier van die opposisie opgemerk dat Zuma kan weghardloop, maar hy nie vir ewig sal kan wegkruip nie.