Zombi’s loop met slimfone

Mense met hulle oë vasgenael op hulle slimfone is oral besig om ‘n gevaar vir hulself en hulle medemens te word.

In Tokoy by die Shibuya-voetgangeroorgang loop honderde voetgangers met hulle oë vasgeplak op die skerms van hulle slimfone. Hulle herinner aan zombi’s oral in stede soos Tokyo, Londen, New York en Hong Kong (natuurlik ook Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Die ongelukke wat voorkom terwyl hierdie slimfoon-verslaafdes rondbeweeg wissel van skreeusnaaks tot baie ernstig. Daar is diegene wat val, oor ‘n hond struikel, teen iets of iemand vasloop, maar die meeste van hulle sorg dat hulle met die foon in die hande te lande kom. Dan is daar die middeljarige man wat met dodelike gevolge op ‘n treinspoor beland het terwyl hy na sy foon gestaar het. 

Geen wonder dat daar so baie voorvalle is nie, want iemand wat staar na sy slimfoon kan net 5% sien van wat hy gewoonlik kan waarneem, het navorsing deur die Japanese mobiele foonmaatskappy NTT Docomo, gevind.

In die vier jaar tot en 2013 is daar 122 mense waarmee na die hospitaal gejaag moes word weens ongelukke wat deur voetgangers veroorsaak is wat fone gebruik het, sê die Tokyo se brandweer wat ook die ambulansdiens in die stad bedryf.

Die mobiele foonmaatskappy NTT Docomo, het ‘n rekenaarsimulasie gedoen om te sien wat sou by die Shibuya-oorgang kon gebeur indien almal na hulle slimfone kyk. Die resultate is gebaseer op ‘n redelike gemiddeld van 1 500 mense wat op ‘n gegewe tyd oor die pad loop: 446 botsings teen mekaar, 103 gevalle waarin iemand omgestamp word en 21 fone wat val. Slegs ‘n derde wat die pad oorsteek, kom sonder enige voorval aan die anderkant. Van die 103 wat omgestamp is, het 82 daarin geslaag om aan hulle kosbare fone te klou.

NTT Docomo se personeel reis die afgelope tyd na skole regoor Japan om kinders met behulp van strokiesprente te leer om verantwoordelik met slimfone te wees.