Wit slawerny steek kop uit in SA

Talle berigte van pogings om blanke kinders te ontvoer, haal kort-kort die blaaie. Berigte van kinders, van babas tot tieners, wat net betyds weggekom het, haal kort-kort die pers en veral op sosiale media is dit skokkend om van die hoeveelheid insidente kennis te neem.

Die nuutste geval was in Bloemfontein toe ‘n hoërskoolleerling net betyds uit die kloue van Nigeriese skurke wat haar wou ontvoer deur die dapper optrede van ‘n vrou gered is.

Die voorval wat in Wilgehof plaasgevind het, was die tweede poging in die omgewing in minder as ‘n maand. 

Volgens die polisie het ‘n vrou gesien hoe ‘n meisie in Stalsweg, in ‘n silwer BMW gedwing word. Die vrou het dadelik agter die motor aangejaag en die bestuurder tot stilstand gedwing. Sy het die man, ‘n Nigeriër, aangesê om die meisie te laat gaan, wat hy toe gedoen het.

Ouers en kinders word ernstig gewaarsku om baie versigtig te wees. Dit is deesdae uiters gevaarlik om alleen op straat te wees. Alle skurke en terroriste het sagte teikens in die visier en daar is groot geld dwarsoor die wêreld in veral wit slawerny.