Weste wil Russiese bewind kelder

Die Weste wil nie eintlik ‘n beleidshervorming in Rusland teweegbring nie, maar is besig om ‘n regeringsverandering af te dwing.

Volgens Rusland se minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, sê openbare figure in Westerse lande dit is nodig om sanksies in te stel om die ekonomie te verwoes en burgerlike opstande aan te stig, het hy aan politieke analiste in Moskou meegedeel.

Amerika en die Europese Unie (EU) het verskeie rondtes sanksies teen Rusland ingestel omdat hulle meen die rebelle in Oos-Oekraïne word deur die Russe gesteun.

Die sanksies teiken Rusland se sleutel sektore in energie, verdediging en finansies wat ‘n vryval van die roebel en ‘n skerp styging in inflasie veroorsaak het. Lavrov sê Rusland se handel met Europa sal anders lyk as gewoonlik. Rusland het weerwraak teen die Westerse sanksies geneem deur ‘n oorkoepelende verbod op voedselinvoere uit die EU-lande in te stel.

Foto – Sergei Lavrov