Wes-Kaapse skieters op vrye voet

Die polisie soek na drie aanvallers wat mnr. Jacobus van den Heever van Stellenbosch langs die Bottelarypad geskiet het.

Die 63-jarige Van den Heever is in sy regterhand en bors geskiet toe hy op ‘n grondpad langs die Bottelarypad deur sy aanvallers gestop is. Hy het aanvanklik gedink hulle is padwerkers, maar hulle het skielik die pad versper en op hom losgebrand.

Hy het tot by ‘n vulstasie gery, waar hy gaan hulp soek het. Die eienaar van die vulstasie, mnr. Chris Janneke, het hom in sy voertuig gelaai en met hom hospitaal toe gejaag.

Van den Heever is die eienaar van die plaas Sunnyside op die Bottelarypad. Hy is in ’n stabiele maar kritieke toestand in die Mediclinic Stellenbosch se noodeenheid opgeneem.