Weermag moet terugstaan in Burkina Faso

Die Afrika Unie (AU) het Burkina Faso se weermag twee weke tyd gegee om die mag aan ‘n burgerlike leier te oorhandig of om sanksies in die gesig te staar.

Die AU meen die weermag het ongrondwetlik opgetree toe dit die mag by president Blaise Compaore oorgeneem het nadat hy noodgedwonge moes bedank.

Die weermag het oor die naweek, luitenant-kolonel Isaac Zida, as die waarnemende leier van die land aangewys.

Die AU se raad vir vrede en veiligheid het na die ‘staatsgreep’ in Ethiopië se hoofstad, Addis Ababa vergader. Die sanksies kan beteken dat Burkina Faso se AU-lidmaatskap opgehef word en ‘n reisverbod op militêre amptenare toegepas word.

Volgens Zida wil die weermag net ‘n ondersteunende rol speel en wil hê dat ‘n oorgangsregering bestaande uit burgerlikes moet oorneem.

Toestande is redelik rustig nadat derduisende betogers vroeër teen die weermag se oorname betoog het en slagspreuke gedreunsing het soos: “die soldate het ons revolusie gesteel.”

Compaore het enkele dae gelede bedank na betogings oor sy poging om sy 27 jaar lange bewind deur grondwetlike wysigings te verleng. Hy en sy gevolg het na die Ivoorkus gevlug.

Foto – Isaac Zida