Ware probleem is verlore SAPD-wapens

Die groot oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika moet gesoek word by onwettige vuurwapens. Een oorsaak daarvan is die SA Polisiediens wat meer as 18,000 vuurwapens in net vyf jaar verloor het, aldus die hoofwoordvoerder van die VF Plus oor polisie, dr. Pieter Groenewald.

Wettige vuurwapeneienaars is nie die probleem en oorsaak van geweldsmisdaad nie, en strenger wetgewing om eienaarskap te beperk, sal nie misdaad beperk nie, meen hy.

‘n Ontwapende gemeenskap is presies wat misdadigers wil hê. Dit sal eerder lei tot ‘n styging in misdaad en aldus dr. Groenewald het wetenskaplike studies dit bewys.

Intussen het die sokkerbase besluit om n veldtog van stapel te stuur vir strenger optrede tee die besit van onwettige vuurwapens, maar kenners meen die probleem is by die polisie wat nie hulle eie wapens kan beveilig nie.