VSA ruimtetuig stort neer

Virgin Galactic se SpaceShipTwo wat met ’n toetsvlug besig was, het in die Mojave-woestyn in Amerika neergestort en daarna ontplof.

Een van die twee ruimtetuig loodse het in die ontploffing omgekom, en die tweede een kon daarin slaag om met ’n uitskietstoel en valskerm, die dood vrygespring.

Richard Branson, die woordvoerder en hoof van Virgin, sê dat alhoewel dit ’n tydelike terugslag is, gaan die projek voort.

Met die ontploffing het die ruimtetuig in stukke opgebreek wat oor ’n wye gebied in die woestyn nadat dit van ‘n draervliegtuig losgelaat is.

Wrakstukke het sowat 200 km noord van Los Angeles gestrooi gelê.

Branson, ’n miljardêr wat deelneem die resies om toerisme in die ruimte rond te neem, wil die betrokke terrein besoek en het kundiges gevra om die nodige ondersoeke te doen na die oorsprong van die ongeluk.

Hy sê die kenners is almal bewus daarvan dat die baanbrekerswerk vir ruimte-toere ’n besonder moeilike een is, maar altyd die moeite werd is.