Vrystaat gesondheidsdiens krepeer

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid gaan die kreeftegang en die tempo daarvan versnel byna daagliks, wat daartoe lei dat hospitale en ambulansdienste van ’n uiters lae standaard is.

Die nuus dat die helikopter wat gehuur word om as lugambulans ’n vinnige diens moet  lewer in ernstige noodgevalle, nou ook nie meer in gebruik is nie weens ’n geld tekort.

Die Vrystaatse LUR, Benny Malakoane, se hulle moet maandeliks sowat R700,000 vir die lugambulans betaal, wat onbekostigbaar geword het omdat dit te min gebruik word.

Benewens die huurgeld, moet daar nog bykomende bedrae betaal word vir elke vlug wat onderneem word, het hy gesê.

“Die geld kan eerder vir iets anders gebruik word,” het hy gesê.

’n Kontrak van drie jaar is onlangs met Buthelezi Ambulance Services  aangegaan om die swak ambulansdiens van die Vrystaat te probeer verbeter.