Die buitengewone, en buitensporige hoë vergoeding wat Eskom aan sy direkteure betaal, is een van die hoofredes waarom die kragvoorsiener ’n sukkelbestaan voer, sê ’n woordvoerder van die Oranje Sake Instituut.
Die opmerking is gemaak nadat dit bekend geword het dat Eskom sowat R60 miljoen aan direkteure betaal het in die afgelope boekjaar.
“Die korrekte ding wat Eskom behoort te doen, is om nou in landsbelang op te tree en die vergoeding van direkteure te vries op die skaal van twee jaar gelede, wat toe reeds veels te hoog is as dit gemeet word teen die agtergrond van hulle prestasies.
Met nege lede op die kragvoorsiener se Uitvoerende Komitee, behoort dit as ’’n skandaal beskou te word dat meer as R24 miljoen aan drie van sy seniors uitbetaal is.
Eskom se uitvoerende hoof het ’n vergoeding van meer as R15 miljoen ontvang in die boekjaar 2013-14 teenoor R8,5 miljoen in die vorige jaar.
“Intussen sit sakemanne en huishoudings angsbevange en wag wanneer die volgende beurtkrag-fiasko die land tref”, het hy gesê.
Ek is bevriend met iemand wat n hogere pos beklee by Eskom. Die “prestasie bonuses” wat hy die afgelope jare ontvang het, gaan alle rede en verstand te bowe.
Ns: vir elke keer wat beurtkrag toegepas word, moet hulle salarisse met 10% verminder word.
diit is een groot skande,hul gewete is seker lankal deur die geldgod opgevreet !
ALTYD geld vr prestasie bonusse (Watter prestasie?) maar NOOIT geld vir instandhouding nie.
Het self daar gewerk op n kontrak basis. Jy sal nie glo wat daarbinne aangaan nie. Geld vloei soos water, soos die gratis gebottelde water wat personeel kry. AE se kantoor was so luuks maar dis mos oorgedoen. Se maar niks Dan is daar niks soos niks krag nie.
My raad aan jou is om ander vriende te kry 🙂
Prestasie is net ‘n mooier woord vir diefstal.