Visumregulasies hou nie water nie

Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, se standpunt oor visumregulasies dat dit ingestel is om misdadigers uit die land te hou, hou nie water nie. 

Gigaba het in ‘n toespraak voor die Wes-Kaapse staande komitee oor landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme gesê dat misdadigers dikwels aansoek doen vir Suid-Afrikaanse visums en dat hy nie verder aan die regulasies gaan peuter nie. 

Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede verskil egter en sê dat visumregulasies impakteer op veral die toerisme- en rolprentbedryf. Hy het ook die minister gekritiseer oor die feit dat sy departement nie die agterstallige visumaansoeke kan prosesseer nie. 

Hy het benadruk dat eerder as die natuurskoon, besoek toeriste eerder ‘n land waar hulle nie met onnodige regulasies hoef te sukkel nie.

Foto –  Malusi Gigaba