Vir die huisvrou – Vinnige Bierbrood

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

 

Ons almal het al in die situasie beland wanneer manlief baie skielik baie lus kry vir braai, en dan sit ons vrouens met ons hande in die hare en wonder watter vinnige bykos mens kan maak. Hierdie brood is ideaal vir daardie skielike bevliegings van manlief (en dis boonop maklik genog dat hy dit self kan maak)!

 

Vinnige Bierbrood:

Bestandele:
500g wit bruismeel (of 500g meel en 15 tot 20ml bakpoeier)
5 ml sout
1 blikkie bier (340ml)
250ml gerasperde kaas

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng al die droeë bestandele saam.
Voeg die hele blikkie bier by en roer tot gemeng en ‘n stywe deeg gevorm is.
 Skep die deeg in ‘n gesmeerde broodpannetjie in en bak vir 45 min tot gaar.

Bedien broodjie met botter.

Variasies op broodjie:
Biltong broodjie: Voeg 125ml gepoeierde biltong by.
Spek broodjie: Voeg 125ml gebraaide spek stukkies by.
Tamatie broodjie: Voeg 125ml songedroodte tamaties by.
Uie broodjie: Voeg 3 gekapte sprietuie by.