Verkoop hotel weens erge diefstal

Mymona Creighton (39) ’n voormalige werknemer en boekhouer by ’n hotel. Het in die Bellvillese handelshof verskyn om gevonnis te word nadat sy skuldig bevind is aan bedrog en diefstal van miljoene Rand.

Sy het as boekhouer, byna R10 miljoen van die hoteleienaar gesteel wat hom verplig het om die besigheid te verkoop.

Creighton is skuldig bevind op 234 aanklagte van bedrog wat sy gepleeg het by die Raya Hotelgroep in die Wes-Kaap.

Sy was sowat sewe jaar in diens by die hotelgroep, en het in die tyd glo R9,6 miljoen verduister.

Die eienaar beskik oor ’n aantal hotelle regoor die land, maar moes een hotel verkoop en daarmee moes hy van die ander personeel aflê omdat hy nie elders aan hulle werk kon bied nie.

Creighton het blykbaar tjeks se bedrae verander, die name aan wie dit uitbetaal moes word gewysig, en die tjek dan in ’n bankrekening inbetaal waaroor sy beheer gehad het.

Sy is die ma van vier kinders, en staar nou tronkstraf in die gesig.

Landdros Sabrina Sonnenberg sal uitspraak lewer.