Vee-entstof redelik beskikbaar

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het goeie vordering gemaak om die agterstand in die vervaardiging van  vee-entstof in te haal.

Entstowwe teen siektes soos Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors, en besmetlike misgeboorte word die afgelope tyd weekliks in klein hoeveelhede vrygestel om die agterstande in te haal, sê Jacob Modumo van die OBP. Daar is egter steeds probleme met die tydige lewering van entstowwe teen bloutong en drie-dae-stywesiekte.

Die oponthoude is die gevolg van verbeterings van die aanleg en dit het gelei tot ’n voorsieningskrisis in die veebedryf. Die voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, mnr. Lardus van Zyl, het aangedui dat dialoog met die OBP gevoer sal word om verhoed dat so ‘n krisis nie weer die veebedryf tref nie.