Varkdiewe beland in hof

Drie mans verskyn Vrydag, 21 November in die landdroshof op Welkom nadat hulle 50 varke en hulle voer op ‘n plaas gesteel het.

Die vermeende diewe is aangekeer nadat 24 van die varke op ‘n Adomsonflei-plaas gekry is.  ‘n Wenk is ontvang en het daartoe gelei dat beslag op die varke en leë sakke met voer gelê is.

Die varke is by die Steynwyk-varkboerdery in Welkom gesteel.