Vakbond stig privaat universiteit

Die vakbond Solidariteit het sy nuwe private universiteit,  Akademia, se amptelike stigting bekend gemaak wat as ’n nie-rassige Afrikaanse gemeenskaps-universiteit sal funksioneer.

Flip Buys, die hoof van Solidariteit, sê die organisasie het besef ‘n Afrikaanse private universiteit van hoë gehalte is noodsaaklik om almal wat in Afrikaans wil studeer, te akkommodeer.

Hy het glo gesê Akademia is wel uit Solidariteit gebore maar hulle wil graag die instelling vir gebruik aan die totale Afrikaanse gemeenskap oopstel.

Tydens die geleentheid is hulde gebring aan presteerders wat in Afrikaans studeer het, soos sakeleiers Anton Rupert, Christo Wiese en ook Johan van Zyl, die eerste nie-Japanner in Toyota se wêreld-direksie.

Tydens die bekendstellingsgeleentheid was mense van verskillende organisasies op uitnodiging teenwoordig, waaronder Bosman van die Afrikanerbond en Bennie van Zyl van TLU SA.