Vaarwel polisiereserviste?

Eers was dit die kommandostelsel watvernietig moes word sodat die plaasaanvalle moorddadig en sonder veel weerstand, uitgevoer kon word.

Nou is daar hardnekkige gerugte wat rond vlieg dat polisiereserviste die volgende skuif is om die volksmoord momentum te gee.

Dit is die opmerkings van ’n bekende politieke analis van Pretoria na aanleiding van die beweerde veranderings wat ingebring gaan word met die beleid van polisiereserviste in die land.

Talle polisiebeamptes het bevestig dat die stelsel mettertyd afgeskaf gaan word, en dat geen planne bestaan om iets beter in plek daarvan te sit nie.

Na bewering het die diens van reserviste drasties afgeneem sedert genl. Riah Phiyega die “nuwe beleid oor reserviste” goedgekeur het wat op 1 Oktober in werking getree het.

Sedert die nuwe beleid toegepas word, is reserviste dienste met meer as ’n 1000 manure verminder wat die druk op die polisiediens verder verhoog.

Van die nuwe reëls sluit in dat reserviste se kleredrag verskil van die permenaente personeel s’n en hulle kwalifiseer nie meer om ’n rang te verwerf nie, en mag nie meer vrywillig diens gaan verrig deur op hulle eie aan te meld nie.

Voortaan sal hulle geskakel word om diens te verrig.

Senior reserviste sê dit is die maklikste manier om van hulle diens ontslae te raak, want as hulle nie “geroep” word om diens te lewer nie, word die stelsel geleidelik uitfaseer.

Seniors in die polisie sê die reserviste het ’n reuse bydrae gemaak in die bekamping van misdaad, en die misdaad gaan nou verder toeneem met die nuwe reling.

Polisiereserviste vervul ’n baie belangrike rol gedurende naweke, en gee die permanente lede dikwels ’n verdiende blaaskans deur hulle vrywillige diens aan te bied.

Die misdadigers gaan heel gou agterkom wie is in reserviste se kleredrag geklee, en dit kan daardie reserviste se lewens in gevaar stel.

Dit blyk dat baie reserviste reeds bedank het en die verwagting is dat die stelsel uiteindelik tot niet sal gaan, word gesê.