Tweede Wêreldoorlog-bom in Rennes

Drie duisend mense is uit hulle huise in die sentrale deel van die Franse stad, Rennes, ontruim terwyl ‘n yslike groot bom uit die Tweede Wêreldoorlog onskadelik gestel is.

Die 250 kilogram (550 pond) Britse bom is naby die stadsaal gekry tydens die aanbouing van ‘n nuwe spoorlyn in Frankryk se noordwestelike Bretagne-streek.

Rennes se burgemeester, Nathalie Appere, het vertel dat die bom 70 kilogram plofstof in gehad het en die polisie se bomeenheid moes ‘n baie “delikate operasie” uitvoer om dit onskadelik te stel.

Rennes, ‘n  belangrike spoorwegaansluiting, was tydens die Tweede Wêreldoorlog die teiken van verskeie Britse lugaanvalle, insluitende ‘n groot aanval in 1944.