Twee prokureurs dalk geskors

Die Prokureursorde van die Transvaalse provinsies het in die Pretoria Hooggeregshof aansoek gedoen om twee van die rol as praktiserende prokureurs te skrap.

Die president van die prokureursorde, dr. Llewellyn Curlewis, het in sy aansoek aangevoer dat Ben Moodie van Boksburg en Zubair Hassim van Pretoria tot so ’n mate  afgewyk van die professionele gedrag dat hulle nou nie meer geskik is om as prokureurs te praktiseer nie.

Blykbaar het die Orde ondersoeke laat doen deur ouditeure en rekenmeesters na aanleiding van vele klagtes wat ontvang is van kiente.

Moodie, wat sedert 1960 as prokureur praktiseer, het glo oortree met sy hantering van Trustfondse wat hy in sy persoonlike rekening inbetaal het.

Moodie het glo geen probleem daarmee dat sy naam van die prokureursrol verwyder word nie.

Die prokureur Hassim het na bewering ’n titelakte vervals, ook geld uit ’n Trustrekening na sy eie oorgeplaas, en trustgeld wanaangewend. Hy het ook probeer om die wanaanwending te verberg vir die ondersoekers.

Die hooggeregshof sal na verwagting Vrydag oor beide gevalle uitspraak lewer.